Vertaling

Vertaling – die omsit van ’n teks van een taal na ’n ander op ’n getroue wyse wat tog maklik leesbaar is en goed vloei – is ’n kuns. Soms maak mense die fout om te dink enigiemand wat beide tale magtig is, kan sommer self die vertaling hanteer, of nog erger, dat masjienvertaling voldoende is! Laat dit liewer oor aan ’n taalkundige met die nodige ervaring.

 

Lexica bied die volgende professionele vertaaldienste:
  • Engels – Afrikaans (geakkrediteer deur die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut)
  • Afrikaans – Engels
Kontak ons gerus vir ’n kwotasie! Ons gebruik gesofistikeerde SDL Trados 2015-sagteware om te verseker dat u vertaling so spoedig, en tog so akkuraat as moontlik gedoen word.

 

 

Comments are closed.